Is jy die volgende voorbladgesig van NamibRoos?
Ons soek nie net ‘n mooi gesig nie. Ons soek ‘n storie. Joune.
Reëls vir Inskrywing:
- Jy moet ouer as 18 wees en reeds skool voltooi het.
- Jy moet ’n Namibiese burger wees.
- Jy skryf in met twee verskillende foto’s van jouself. Geen filters, Photoshop of digitale redigering word toegelaat nie – net jy, natuurlik en eg.
- Jy moet beskikbaar wees vir ‘n fotosessie in Swakopmund indien jy dit tot die Top 7 maak.
- Ons soek nie “model-mooi” nie – ons soek natuurlike skoonheid, ‘n mooi glimlag, karakter, en oë wat ’n storie vertel.
- Voorkoms en liggaamstaal doen die praatwerk – nie net mooiheid nie, maar persoonlikheid en sjarme.
- Jy moet Afrikaans kan praat.
- Geen laat inskrywings sal aanvaar word nie. Sluitingsdatum is 31 Julie 2025 teen middernag.

So werk die kompetisie:
- Alle inskrywings word deur ’n beoordelaarspaneel gesif.
- 30 semi finaliste sal aangekondig word op ons sosiale media blad wat gekies word deur beoordeelaars uit die 3 verskilende ouderdoms kategorieë.
- 30 finaliste word bekend gemaak op ons sosiale media platform op Vrydag die 8ste Augustus 2025.
- Die 30 finaliste sal gevra word om n kort video van 30 sekondes te maak om hulle self bekend te stel.
- Uit die 30 word die Top 7 finaliste gekies wat bekend gemaak sal word op ons webtuiste Namib-roos.com. Bekend making Vrydag 29 Augustus 2025.
- Uit daardie Top 7 kies ons een wenner – die nuwe gesig van NamibRoos! Vrydag die 5de September 2025 op NamibRoos se webtuiste en sosiale media blaaie.
Wat soek ons in ons Voorbladgesig?
- Natuurlikheid
- ’n Warm glimlag
- Oë wat gesels
- Liggaamstaal met karakter
- ’n Gesig wat met ons lesers kan verbind– of jy nou voor of agter ’n kamera was.
Inskrywings is nou oop!
Wees dít wat jy is – en wees trots daarop.
Betaal die inskrywingsfooi van N$100.00 per inskrywing – gebruik jou naam as verwysing:
Bank besonderhede: (Stuur bewys van betaling na: magazine@namib-roos.com):
Annemarie Roetz | Nedbank – SPAAR REKENING| Rekening nommer: 12992351894 | Tak kode: 461072
